Operasie Prosper maak 20 arrestasies in Hillview
Aanvalsgewere by 2 huise gevind
MISDAADTONEEL: Hillview, Kaapstad: Die polisie het Donderdag 16 Julie 2026 drie verdagtes gearresteer nadat hulle ‘n aanvalsgeweer en twee pistole in Hillview, naby Lavender Hill ontdek het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het lede van Operasie Prosper ‘n kordon- en deursoek-operasie in Village Heights, Hillview uitgevoer.
“By een adres het hulle drie vuurwapens, waarvan een ‘n aanvalsgeweer, gevind. Een van die wapens het geen reeksnommer gehad nie. Hulle het twee mans, 21 en 22-jaar-oud, en ‘n 42-jarige vrou gearresteer vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van ‘n verbode vuurwapen.
“Daarbenewens is 17 onwettige immigrante tydens die operasie in die gebied aangekeer,” die SAPD gesê.
Die verdagtes sal hul eerste verskyning in die Muizenberg-landdroshof maak sodra hulle aangekla is.
Rocklands: Lede van Operasie Lockdown 3 het Donderdag 16 Julie 2026 in Rocklands, Mitchells Plain, toegeslaan. Hulle het ‘n huis in Gladiator-straat deursoek waar hulle ‘n aanvalsgeweer gevind het.
‘n 35-jarige man is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en sal in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.
Related News
Double murder suspect arrested
CRIME SCENE: Cafda, Cape Town: Anti-Gang Unit (AGU) detectives have arrested a suspect in connectionRead More
Vrou (58) vas oor R5,5m se dwelms
MISDAADTONEEL: Grassy Park, Kaapstad: ‘n 58-jarige vrou is gearresteer nadat die polisie Mandrax tablette metRead More
