Verdagtes skiet uit Polo en ry weg

Man in Bo-Kaap vermoor

MISDAADTONEEL: Bo-Kaap, Kaapstad: ‘n Man is Woensdagaand, 5 Augustus 2026 in ‘n verbyry-skietery hier dood.

Thembakazi Mpendukana, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het gesê die voorval het omstreeks 20:30 in Voetboog-straat, Bo-Kaap, plaasgevind.

“Volgens omstanders het onbekende verdagtes uit ‘n rooi Polo Vivo op die man geskiet en van die toneel gevlug. Die 35-jarige manlike slagoffer is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“’n Moordsaak is by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie geopen en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Mpendukana gesê.

Enigiemand met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help, word vriendelik versoek om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App te gebruik om dit anoniem aan te meld.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*