Myn stort ineen terwyl werkers met die hand grou
14 Zama-Zamas sterf ondergronds
NASIONAAL: Ten minste 14 onwettige mynwerkers (algemeen bekend as Zama-Zamas) is Maandagaand, 10 Augustus 2025 tragies dood toe die myn op hulle ineengestort het.

Die Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noordwes-provinsie, Luitenant-generaal Arthur Adams, het die dood van 14 onwettige mynwerkers by die Nkaneng-stortingsterrein in Bojanala Subdistrik 2 (Rustenburg) bevestig.
Die voorval is Maandag 10 Augustus 2026 omstreeks 21:00 by die polisie aangemeld.
“Voorlopige inligting dui daarop dat ‘n groep vermeende Zama-Zamas onwettige by ‘n stortingsterrein gemyn het. ‘n Permit is aan ‘n maatskappy toegestaan om PGM (platinum-groep-metale) in die gebied te ontgin. Die groep Zama-Zamas was na bewering besig om met die hand te grawe toe die myn instort en hulle onder die puin vasvang.
“Nabygeleë myn-sekuriteit is deur ‘n Zama-Zama van die voorval in kennis gestel waarna hy verdwyn het. Volgens verslae is die meeste van die oorledenes Basotho-burgers,” het die SAPD gesê.
Agt mynwerkers wat gered is, is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem waar hulle mediese behandeling ontvang. Drie is kort na behandeling ontslaan en word aangehou vir oortreding van die Immigrasiewet. Die oorblywende vyf word steeds onder polisie bewaking in die hospitaal aangehou.
Owerhede gaan voort om die situasie dop te hou omdat daar moontlik nog onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer kan wees.
Adams het die voorval beskryf as ‘n tragiese herinnering van die gevare wat met onwettige mynbou verband hou.
Related News
Prokureur vas vir diefstal
UIT DIE HOF: ‘n 69-jarige prokureur het in die hof verskyn vir die beweerde diefstalRead More
Lawyer in court for theft
FROM THE COURTS: A 69-year-old attorney has appeared in court for allegedly stealing R130 000Read More
