R130 000 na bewering nie aan begunstigde betaal nie
Prokureur vas vir diefstal
UIT DIE HOF: ‘n 69-jarige prokureur het in die hof verskyn vir die beweerde diefstal van R130 000 uit ‘n oorlede kliënt se boedel.

Barend Botha het Dinsdag 11 Augustus 2026 in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op ‘N aanklag van diefstal nadat hy op dieselfde dag deur die Ernstige Handels-misdaadondersoek-eenheid gearresteer is.
Daar word beweer die regsfirma Botha, de Wet en Roodt in Junie 2016 aangestel is om met die boedel van ‘n oorlede kliënt te help.
Meer as R130 000 is na bewering van die oorledene se bankrekening na die trustrekening van die regsfirma oorgeplaas, maar Botha het na bewering nooit die geld aan die begunstigde uitbetaal nie.
Botha is op borgtog van R5 000 vrygelaat en die saak is uitgestel tot 30 September 2026 vir ‘n verskyning in die gespesialiseerde handels-misdaadhof in Klerksdorp.
Related News
Man dies hours after wife is killed
CRIME SCENE: Thembisa, Gauteng: The estranged husband of a murdered woman has been found deadRead More
Twee sit lank oor GBV
UIT DIE HOF: Die Ceres-streekshof het twee mans wat hul intieme lewensmaats gewelddadig aangerand het,Read More
