Monday, August 31st, 2026
Polisie slaan toe by huis in Heideveld
Ou mammie vas oor klomp dwelms
MISDAADTONEEL: Heideveld, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n ou mammie gearesteere vir die besit van ‘n klomp dwelms.

Volgens die SAPD het lede van die Openbare Orde-eenheid Maandag-oggend, 31 Augustus 2026 inligting oor dwelms by ‘n perseel in Buffelshoek-straat, Heideveld, opgevolg.
“Hulle het die perseel deursoek en ‘n verskeidenheid dwelms, insluitend Mandrax-tablette, Tik, heroïen en kokaïen, in die huis gevind. ‘n 54-jarige vrou is gearresteer vir die besit van dwelms.
“Diie verdagte verskyn binnekort in die Athlone-landdroshof,” sê die polisie.
