Vervalste goedere, dwelms en dobbelmasjiene gekonfiskeer
Polisie slaan slag teen sindikate
NASIONAAL: In ‘n reuse inter-provinsiale operasie het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op nagemaakte goedere van meer as R15 miljoen en ‘n aantal onwettige dobbel masjiene beslag gelê.

Dié grootskaalse, vier dae-lange operasie het, volgens die SAPD, ‘n beduidende knou aan trans-nasionale kriminele sindikate toegedien en gelei tot die arrestasie van 275 verdagtes.
Die hoë-intensiteit-operasie is van 1 tot 4 September 2026 langs strategiese grens areas van die Oos-, Wes- en Noord-Kaap en Vrystaat provinsies uitgevoer.
“Die operasie het spesifiek netwerke wat betrokke is by dwelmhandel, veediefstal, onwettige wapensmokkelary en die fasilitering van onwettige migrasie in die verskillende provinsies geteiken,” het die SAPD gesê.
Die multidissiplinêre inisiatief het gespesialiseerde SAPD-eenhede, insluitend die K9- en Taktiese Reaksiespanne, saam met belangrike eksterne vennote soos die Grensbestuursowerheid, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Departement van Binnelandse Sake, bymekaar gebring.
In een geval, op 2 September 2026, het ‘n lid van die K9-eenheid, wat op intelligensie gereageer het, ‘n verdagte koerier pakkie gemerk wat van Gauteng na die Wes-Kaap op pad was. Die volgende dag het die lid en sy dwelm opsporingshond, Nolan, ‘n gesamentlike inspeksie met die Valke by ‘n koerier depot uitgevoer.
“Nolan se skerp neus het gelei tot die ontdekking van 4 000 Mandrax-tablette wat in die pakkie versteek was. ‘n 43-jarige Nigeriese burger is onmiddellik in Mosselbaai, Wes-Kaap, geaerresteer,” he SAPD gesê.
Van die 275 verdagtes wat aangekeer is, is 55 gearresteer vir oortredings wat verband hou met ongelisensieerde vuurwapens, dwelmhandel of die besit van vermoedelik gesteelde eiendom; en 76 onwettige buitelandse burgers is aangehou.
Vervalste goedere met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R15 miljoen, 6 vuurwapens met ammunisie en 28 onwettige dobbelmasjiene is gekonfiskeer.
Die Oos-Kaapse Provinsiale Kommissaris, Luitenant-generaal Vuyisile Ncata, het die geïntegreerde bevelstruktuur en samewerking tussen agentskappe geprys.
Related News
Vrou (61) op haar bed vermoor
MISDAADTONEEL: Allanridge, Vrystaat: ‘n Bejaarde vrou is wreed in haar eie huis vermoor en naakRead More
Another ‘drug mule’ caged
CRIME SCENE: OR Tambo International Airport, Johannesburg: An alleged drug mule has been intercepted hereRead More
