Saturday, September 19th, 2026
Man en vrou by twee huise gearresteer
Polisie vind 2 onwettige wapens
MISDAADTONEEL: Paarl, Wes-Kaap: Die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het op twee onwettige vuurwapens beslag gelê en twee persone gearresteer.

Volgens die SAPD is ‘n strategiese operasie Donderdag, 17 September 2026, uitgevoer wat tot die vonds gelei het.
“Na aanleiding van inligting wat ontvang is, het lede omstreeks 13:20 by ‘n huis Azalia-straat in Paarl-Oos ‘n deeglike deursoeking uitgevoer. Daar is ‘n ongelisensieerde vuurwapen op die perseel gevind, waarna ‘n volwasse vrou gearresteer is.
“Verdere ondersoek het hulle na Springbok-straat geneem, waar ‘n man ook gearresteer is vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen wat in sy huis gevind is, het die SAPD gesê.
