Slagoffer sê sy was sedert April 2026 aangehou
Vrou vlug uit mensehandel se kloue
JONGSTE! Twee verdagtes, onderskeidelik 25- en 35-jaar-oud, is Dinsdag, 29 September 2026, deur die Valke gearresteer op aanklagte van mensehandel. Hul arrestasies volg op dié van Jasmine Maureen Robert (29), wat vroeër vandeesmaand in verband met dieselfde saak gearresteer is. Robert sal na verwagting op 5 Oktober 2026 weer in die hof verskyn vir ‘n aansoek om regshulp. Die twee nuutste verdagtes sal Woensdag, 30 September 2026, vir die eerste keer in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
MISDAADTONEEL: Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n moontlike slagoffer van mensehandel gered en ‘n verdagte gearresteer weens haar beweerde betrokkenheid by ‘n mensehandel-netwerk.

Volgens ‘n woordvoerder van die Direktoraat vir Prioriteit-misdaadondersoek (die Hawks), adjudant-offisier Zinzi Hani, is die 22-jarige slagoffer na bewering deur die 29-jarige verdagte via TikTok na Kaapstad gelok onder die valse voorwendsel dat sy ‘n werk as haarkapper sou kry.
Die jong vrou het in April 2026 ingestem, en die verdagte het reëlings getref en betaal vir al haar reisdokumente, paspoort en vliegkaartjies na Kaapstad.
“Met haar aankoms in Kaapstad is sy deur die verdagte opgetel en na ‘n hotel geneem. Ondersoeke het aan die lig gebring dat die verdagte die slagoffer se paspoort sowel as haar selfoon afgevat het.
“Sy het ook probeer om die slagoffer tot prostitusie te dwing, maar sy het geweier,” het Hani gesê.
Op Sondag, 13 September, het die slagoffer daarin geslaag om te ontsnap en na die Woodstock-polisiekantoor gehardloop, waar sy gehelp is.
Die verdagte het ook na die Woodstock-polisiekantoor gegaan om navraag te doen oor die slagoffer se doen en late
“Sy is deur die slagoffer uitgewys en is onmiddellik deur ‘n SAPD-lid gearresteer. Die saak is daarna na die Hawks verwys vir verdere ondersoek,” het Hani gesê.
Related News
Extortion ring uncovered
CRIME SCENE: Gugulethu, Cape Town: The police have uncovered an extortion ring while questioning aRead More
Police seize Tik of R500 000
CRIME SCENE: Diepsloot, Gauteng: Two foreigners have been arrested for allegedly being in possession ofRead More
