Vermiste vrou se liggaam in begraafplaas gevind
Soektog na ma eindig tragies
JONGSTE! Die Wes-Kaapse polisie het bevestig ‘n verdagte is in verband met die moord op die 37-jarige Janine Hopley gearresteer.
‘n Media woordvoerder, kaptein FC van Wyk, het gesê die verdagte sal Maandag 11 Mei 2026 in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Van Wyk het gesê volgens berigte is die oorledene Vrydag 1 Mei 2026 deur haar kêrel as vermis aangemeld, en ‘n ondersoek is begin.
Enigiemand met meer inligting oor die voorval word vriendelik versoek om die Caledon SAPD-takbevelvoerder, lt. kol. T Xulubana, te kontak op 082 778 7367.
MISDAADTONEEL: Caledon, Overberg: Die soektog na die vermiste Janine Hopley van Caledon het tragies geëindig.

Hopley, wat sedert verlede week vermis word, se liggaam is Donderdag, 7 Mei in die Caledon begraafplaas gevind.
Hopley, ‘n ma van twee, se familie was by die begraafplaas om die liggaam te identifiseer en is deur gemeenskapslede op die toneel getroos.
CSR het ‘n versoek om kommentaar na die polisie gestuur en wag nog op terugvoering. Die omstandighede rondom haar dood word nog ondesoek en meer besonderhede volg sodra dit beskikbaar is.
Related News
Mom’s body found in graveyard
UPDATE! The Western Cape police have confirmed a suspect a suspect was arrested in connectionRead More
Bruin leier agter tralies
JONGSTE! NCC-leier Fadiel Adams sal vir ten minste ses dae moet wag om te hoorRead More
