Polisie slaan toe op hoë misdaad area
Vier verdagtes vas vir moord
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdag 7 Mei 2026 vier moordverdagtes in Vygieskraal, Athlone, vasgetrek.

Die vier was onder 34 mense wat tydens ‘n anti-misdaad-operasie in die area gearresteer was.
Die Wes-Kaapse SAPD-bestuur het die arrestasies, in reaksie op hoë kriminele aktiwiteite in die area verwelkom, het die polisie in ‘n verklaring Vrydag 8 Mei 2026 gesê.
Die vier moordverdagtes is gekoppel aan ‘n voorval wat in April 2026 plaasgevind het.
Terwyl die polisie voortgegaan het met hul voetpatrollies, het gemeenskapslede ‘n verdagte uitgewys wat na ‘n oop veld gehardloop het. Die polisie het hom agternagesit en die 18-jarige man gekry terwyl hy probeer het om ‘n 9 mm-pistool en 34 rondtes ammunisie weg te steek. Hy is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
‘n 26-jarige man is ook gearresteer vir die besit van 250 Mandrax-tablette en 50 sakkies Tik.
Die polisie het ook op groot hoeveelhede alkohol en dagga wat by een van die informele huise agtergelaat is, beslag gelê.
‘n Totaal van 28 onwettige immigrante is ook gearresteer vir die oortreding van die Immigrasiewet.
Related News
Police attacked at murder scene
UPDATE! The South African Police Service (SAPS) have registered more cases for investigation: attack onRead More
Police killings: Suspect dies in shootout
CRIME SCENE: Inanda, KwaZulu-Natal: A suspect wanted for the killing of two Crime Intelligence officersRead More
