Polisie opsoek na skieters in Stellenbosch
Vyf sterf ná bloedige aand
MISDAADTONEEL: Khayamandi, Stellenbosch: Speurders van die eenheid teen ernstige geweldsmisdaad in Wes-Kaap het soek verdagtes agter verskeie skietvoorvalle in Khayamandi Vrydagaand 22 Mei 2026 en Saterdag. Sewe mense is dood in die vyf voorvalle.

Volgens amptelike polisieverslae het een voorval in Mgabadeli plaasgevind waar drie mans ‘n 46-jarige man doodgeskiet en daarna gevlug het.
In Thubelisha is twee mans van 27 en 32-jaar-oud ook omstreeks 21:00 deur gewapende mans geskiet is.
Die polisie het 10 minute later die liggame van ‘n 27-jarige man en ‘n vrou van 26-jaar in ‘n plakkershut in Firestraat met skietwonde ontdek.
Intussen is polisie op patrollie vertel van ‘n ander voorval in Luyolo-straat waar hulle die liggaam van ‘n 33-jarige man met skietwonde tussen die plakkersshutte ontdek het.
In die vroeë oggendure van Saterdag is die polisie na 7de-laan uitgeroep waar die liggaam van ‘n 37-jarige man ook met skietwonde ontdek is.
Die motief vir die skietvoorvalle en of die voorvalle met mekaar verband hou, word ondersoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Related News
Manhunt after five people murdered
CRIME SCENE: Khayamandi, Stellenbosch: Provincial serious violent crime detectives have launched a manhunt for suspectsRead More
Man sterf na enkele steekwond
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: ‘n 27-jarige man is Vrydagoggend, 22 Mei 2026 in Lavender HillRead More
