Moord in Mitchells Plain

Jongman sterf ná verskeie skote

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n 21-jarige man van Mitchells Plain het Donderdagmiddag, 28 Mei 2026 ‘n brutale skietdood gesterf.

‘n Media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC van Wyk, sê lede van die Mitchells Plain polisie het op ‘n klag van ‘n skietvoorval om 14:21 in Rugbystraat, Beacon Valley, reageer.

Met hul aankoms het hulle op die liggaam van ‘n man afgekom met veelvuldige skietwonde aan sy rug, bors en nek. Die slagoffer is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar, het Van Wyk gesê.

Daar word vermoed dat die motief bendeverwant is.

Enigiemand met inligting word vriendelik versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem te gebruik.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*