Drie-punt plan word geaktiveer
Polisie kom vir dié wat agter geweld sit
Die groot koppe van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het mense wat “agter sosiale mediaplatforms, anonieme boodskap-groepe of gemeenskapsvergaderings wegkruip om geweld aan te hits”, gewaarsku om hul doen en late te stop of daar sal gevolge wees.

Die waarnemende Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), luitenant-generaal Puleng Dimpane, het Woensdag 3 Junie 2026 saam met die voorsitter van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NATJOINTS), luitenant-generaal Tebello Mosikili, ‘n mediakonferensie in George, Wes-Kaap gehou oor geweld in die land.
Die afvaardiging is vergesel deur die Provinsiale Kommissaris van die Wes-Kaap, luitenant-generaal Thembisile Patekile, en die waarnemende Adjunk-Nasionale Kommissaris vir Misdaadopsporing, luitenant-generaal Khosi Senthumule.
Die afvaardiging het intervensies uiteengesit om wet en orde te herstel en te handhaaf, sowel as maatreëls wat daarop gemik is om die veiligheid en sekuriteit van alle inwoners regoor die land te verseker
NATJOINTS het ‘n omvattende operasionele plan geaktiveer wat die SAPD, staatsveiligheidsagentskap, metropolisiedepartemente, verkeerswetstoepassing, binnelandse sake, korrektiewe dienste, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en ander regeringsdepartemente insluit.
Die operasionele plan het drie sleutel bene:
● Meer sigbaarheid en vinnige ontplooiingsvermoëns: Wetstoepassingsbeamptes is in brandpunte en strategiese gebiede regoor die land ontplooi. Bykomende openbare orde-polisiëringsbronne bly op bystand om vinnig te reageer op enige voorvalle wat openbare veiligheid en stabiliteit bedreig.
● Intelligensie-begeleide operasies: Intelligensiestrukture versamel en ontleed voortdurend inligting om bedreigings te identifiseer, beplande geweldsdade op te spoor en proaktiewe intervensies te ondersteun voordat die misdaad gepleeg word. Diegene wat glo hulle agter sosiale media platforms, anonieme boodskap-groepe of gemeenskap vergaderings kan wegkruip om geweld aan te hits, moet weet dat wetstoepassingsagentskappe aktief kriminele gedrag monitor en op sal tree as daar genoegsame bewyse is.
● Geteikende operasies teen misdaad: Gesamentlike operasies word uitgevoer om kriminaliteit aan te spreek wat onder die dekmantel van gemeenskapsveiligheid gepleeg word. Dit sluit in operasies om gesoekte verdagtes te arresteer, onwettige vuurwapens te konfiskeer, dwelmsmokkelary in die hok te slaan, afpersing netwerke te ontwrig en onwettige persone deur middel van wettige immigrasie prosesse te hanteer.
Related News
Cops raid COCT office, several residences
CAPE TOWN: The South African Police Service Commercial Crime Investigation Unit conducted further search andRead More
Polisie slaan in die nag toe
MISDAADTONEEL: Browns Farm, Kaapstad: Die polisie het vandeesweek week twee vermeende afpersers gearresteer en terselfdertydRead More
