Kommetjie-weg brand oor onwettige strukture
Betogers maak pad toe
Motoriste is gewaarsku om Kommetjie-weg, tussen Masiphumelele en Ocean View, te vermy weens protesaksie.

Die pad is vroeër Donderdagaand, 11 Junie 2026 gesluit nadat betogers bande begin brand en die pad met kratte en klippe versper het. Vlamme en rook kon honderde meters ver gesien word.
Die Masiphumelele-Ocean View-Kommetjie-polisieforum het ‘n kennisgewing uitgereik wat motoriste waarsku om alternatiewe roetes te gebruik. Daar is geen toegang tot Ocean View tot verdere kennisgewing nie, het hulle gesê.
Daar is berig die betoging het begin omdat owerhede onwettig geboude strukture langs Ocean View afgebreek het.
Related News
3 vas oor onwettige wapens
MISDAADTONEEL: Macassar, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vier onwettige vuurwapens uit die gemeenskap verwyderRead More
Police recover 4 illegal guns
CRIME SCENE: Macassar, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) have removed four illegalRead More
