Twee mans vas in Durbanville
Groot hoeveelheid Tik gevind
MISDAADTONEEL: Durbanville, Kaapstad: Twee mans is gearresteer nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) Tik in twee afsonderlike voorvalle in Fisantekraal gevind het.

Volgens die SAPD het die Durbanville Misdaadvoorkomingseenheid oor die naweek misdaadvoorking-operasies uitgevoer wat gelei het tot die twee arrestasies en konfiskering van dwelms.
Op Vrydag 12 Junie 2026 het die eenheid 55 strooitjies Tik ontdek, wat gelei het tot die arrestasie van ‘n 33-jarige man vir handel en besit van tik.
Op Saterdag 13 Junie 2026 is ‘n 45-jarige man in Birch-straat gearresteer nadat 110 Tik-sakkies in sy besit gevind is.
Albei verdagtes is by die Durbanville SAPD aangehou.
Related News
Polisie slaan weer toe in Bellvile
JONGSTE! Vandag, Dinsdag, 16 Junie 2026, se operasie in Bellville het gelei tot die beslagleggingRead More
Police raid shops in Bellville
UPDATE! Today’s, Tuesday,16 June 2026, operation in Bellville led to the confiscation of counterfeit goodsRead More
