Binnelandse Sake sê dis nie sy plakkaat
Waarskuwing teen valse nuus
NASIONAAL: Die Departement van Binnelandse Sake waarsku mense dat ‘n aankondiging wat tans versprei word en geld aan die publiek uitloof as hulle ongedokumenteerde buitelandse burgers verklaar, vals is en nie van die Departement of die Minister van Binnelandse Sake afkomstig is nie.

Die Departement moedig die publiek aan om inligting deur amptelike kanale te verifieer voordat dit versprei word.
“Laat ons almal ons deel doen om akkurate inligting, verantwoordelike betrokkenheid en respek vir wet en orde te bevorder.
“Volg asseblief die Departement van Binnelandse Sake se amptelike kommunikasieplatforms vir amptelike kennisgewegings en aankondgings,” het die Departement gesê.
Related News
Thieves pinch church bell
CRIME SCENE: Bethelsdorp, Eastern Cape: Unholy thieves have made off with a solid copper churchRead More
Munisipale top bestuur agter tralies
Jongste! Die Knysna-munisipaliteit het in ‘n verklaring bevestig dat twee senior amptenare en ‘n voormaligeRead More
