Polisie kry ook 3 rondtes ammunisie op hom
Ou tronk toe vir halwe Mandrax
MISDAADTONEEL: Elsiesrivier, Kaapstad: Die polisie het Woensdag, 1 Julie 2026 twee mans wat onwettige items op hulle gehad het gearresteer.

Woensdag 1 Julie 2026 het die polisie tydens intelligensie-gedrewe operasies inligting opgevolg oor ‘n man wat rondloop, moontlik met ‘n vuurwapen in sy besit. Toe hulle die 37-jarige verdagte in 35ste Straat, Elsiesrivier, vind, het hulle hom deursoek en drie rondtes ammunisie en ‘n halwe Mandrax-tablet in sy sakke gevind.
Bishop Lavis: In ‘n aparte voorval, omstreeks 20:25 op Woensdag 1 Julie 2026, het die polisie ‘n 31-jarige man gearresteer vir die besit van ‘n ongwettige vuurwapen en ammunisie nadat hulle ‘n 9 mm-pistool en 11 rondtes ammunisie by sy woning in Davids-straat gevind het.
Related News
Vrou tronk toe oor skoolgeld
MISDAADTONEEL: Kathu, Noord-Kaap: ‘n Voormalige skooladministrateur is gearresteer vir die verduistering van R4,6-miljoen skool fondse.Read More
School worker jailed for R4,6m
CRIME SCENE: Kathu, Northern Cape: A middle-aged former school administrator has been arrested for embezzlingRead More
