Vrou, 2 mans vas oor verkoop van AK47
Polisie stuit wapen smokkelry
MISDAADTONEEL: Pelican Heights, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Nasionale Intervensie-eenheid (NIE) het ‘n vrou en twee mans gearresteer vir die besit ‘n AK47-aanvalsgeweer en ammunisie.

Die NIE het Woensdag, 8 Julie 2026 om 19:50 gereageer op inligting oor vuurwapens wat in Pelican Heights naby Strandfontein verkoop gaan word.
Volgens die SAPD is ‘n operasie in werking gestel en ‘n voertuig is by Seagull-straat afgetrek en deursoek.
“Die polisie het ‘n AK 47 aanvalsgeweer sonder ‘n reeksnommer en ‘n boks met ‘n groot hoeveelheid ammunisie in ‘n Hyundai-voertuig gevind.
“Drie verdagtes, ‘n 27-jarige vrou en twee mans van 38 en 42-jaar-oud, is gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Die saak sal deur die provinsiale speurders vir georganiseerde misdaad ondersoek word. Die verdagtes sal in die Muizenberg-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is,” sê die SAPD.
Related News
Sewe vas vir vuurwapen, dwelms
MISDAADTONEEL: Parkwood, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n vrou en ses mans gearresteer virRead More
Lockdown strikes in Parkwood
CRIME SCENE: Parkwood, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) have arrested a womanRead More
