Gemeenskap verklap waar dwelms versteek word

Sewe vas vir vuurwapen, dwelms

MISDAADTONEEL: Parkwood, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n vrou en ses mans gearresteer vir ‘n onwettige vuurwapen, ammunisie en dwelms.

Op Vrydag 10 Julie 2026 om 23:30 het lede van Operasie Lockdown 3 die sewe verdagtes, insluitend die vrou van 33-jaar-oud en ses mans tussen 20 en 50-jaar-oud, gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, die besit van ammunisie sonder ‘n permit en die besit van dwelms.

Die polisie was besig met patrollies in die Parkwood-gebied toe hulle skote hoor. Hulle het dit opgevolg en in die rigting gery waar die skote vandaan gekom het.

Volgens die SAPD het ‘n persoon hulle voorgekeer en hulle na ‘n huis gewys waar dwelms en vuurwapens gehou word. Hulle het die inligting onmiddellik opgevolg en die inwoners en perseel van ‘n wendyhuis in Eric Viljoenweg, Parkwood, deursoek.

In die wendyhuis, onder ‘n matras, het die polisie ‘n plastieksak met ‘n Tokorev-pistool en 25 rondtes ammunisie, Mandrax-tablette en sakkies Tik gevind. Die sewe verdagtes is gearresteer en word aangehou by Grassy Park SAPS.

MILNERTON: ‘n Intelligensiegedrewe operasie deur Operasie Lockdown 3 in samewerking met die Nasionale Intervensie-eenheid, Misdaadintelligensie en Milnerton SAPD-lede het gelei tot die arrestasie van ‘n 36-jarige man vir die besit van kokaïen en heroïen met ‘n geraamde waarde van R14 500 op Vrydag 10 Julie 2026.

Die polisie het inligting ontvang oor dwelms wat afgelewer sal word by ‘n perseel in Koebergweg, Brooklyn, Milnerton, vanwaar dit herversprei sou word aan ander dwelmverkopers.

Die adres is gemonitor en die lede het besluit om die perseel te deursoek. ‘n Man is deursoek en is in besit van dwelms gevind. Die polisie het 45 eenhede Rock en een sakkie Kokaïen gekonfiskeer. Die ma is gearresteer.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*