Tiener ook gearresteer vir onwettige pistool
Wapen lei polisie na moord verdagte
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: Inligting oor ‘n vermeende onwettige vuurwapen het vandeesweek die polisie direk na moord verdagte gelei.

Nadat die inligting oor die vuurwapen op Woensdag 12 Augustus 2026 ontvang is, het die Anti-Bende-Eenheid wat in Lentegeur ontplooi is, na ‘n perseel in Statice Close gegaan.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die lede ‘n harde slag agter die huis gehoor.
Hulle het toe opgemerk hoe die verdagte probeer om van ‘n vuurwapen ontslae te raak, maar die polisie het hom ingehaal en ‘n NP42 9mm-pistool met agt 9mm-patrone gekonfiskeer.
“’n 18-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. ’n Verdere deursoeking is by die perseel gedoen, waar die lede op ’n groep mans afgekom het wat aan ’n plaaslike bende behoort.
“Een van hulle, ’n 26-jarige man, is gearresteer vir ’n moord- en poging tot moord-saak wat in Julie 2026 by die by die Mitchells Plain-polisiekantoor geregistreer is,” het die SAPD gesê.
Darling: ’n 41-jarige man is vroeg Donderdagoggend, 13 Augustus 2026 gearresteer vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
Die Darling-polisie was omstreeks 2:50 besig met patrollies toe hulle inligting ontvang het oor ’n vuurwapen by ’n perseel in Amande-singel.
“Hulle het die inligting onmiddellik opgevolg en die perseel deursoek waar hulle ’n 6.35-pistool en ses 6.35-patrone gekonfiskeer het.
“Die verdagte is gearresteer en word by die Darling-polisiestasie aangehou,” het die SAPD gesê.
Related News
Bewaarder by tronk gearresteer
MISDAADTONEEL: Goodwood, Kaapstad: ‘n 47-jarige bewaarder is gearresteer nadat hy na bewering in besit vanRead More
Warden arrested outside prison
CRIME SCENE: Goodwood, Cape Town: A 47-year-old prison warden has been arrested after he wasRead More
