Metro polisie maak derde vangs in 6 weke

2 in warm water oor perlemoen

MISDAADTONEEL: Gordonsbaai: Twee mans is gearresteer vir die onwettige besit van perlemoen ná ‘n wenk van die publiek.

Metro-polisiebeamptes van die Stad Kaapstad het Maandag 24 Augustus 2026 omstreeks 09:30 inligting ontvang oor ‘n grys Toyota Tazz wat in die rigting van Gordonsbaai ry met perlemoen.

Volgens die Stad se burgemeester-komiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit het die beamptes die motor op die hoek van Faure Marine- en Sir Lowry’s Pass-rylaan afgetrek.

“Die bestuurder het ingestem dat die motor deursoek kan word en beamptes het vier sakke, 489 onskulpte perlemoen in die kattebak gevind,” het Smith gesê.

Die verdagtes, tussen 30 en 34-jaar-oud, is gearresteer vir die onwettige besit van perlemoen.

Dit is die derde keer in ses weke dat die metropolisie verdagtes met groot getalle onwettige perlemoen aankeer, volgens Smith.

Op Dinsdag, 14 Julie 2026 het beamptes drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 27 en 34-jaar, vir die besit van 223 ontskulpte perlemoen en 279 perlemoen in skulpe langs Victoria-weg in Kampsbaa gearresteeri.

Drie dae later is vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 19 en 33-jaar, in Clovelly-weg, Vishoek vir die besit van perlemoen van byna 90 kilogram, gearresteer.



« (Previous News)
(Next News) »



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*