Drie verdagtes vas, Tik en Mandrax gekonfiskeer

Polisie slaan sindikate hard

MISDAADTONEEL: Jeffreysbaai, Oos-Kaap: Die polisie het drie verdagtes gearresteer en ‘ klomp dwelms by twee persele gekonfiskeer.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die verdagtes Woensdag, 2 September 2026 tydens ‘n multi-agentskap, intelligensie-gedrewe operasie in Jeffreysbaai gearresteer.

Die span het deel gevorm van inter-provinsiale operasie wat die grense van die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap provinsies oorskry.

“Hierdie gekoördineerde opsporingsinisiatief teiken kriminele sindikate en onwettige dwelms wat oor provinsiale grense beweeg.

“Die operasie in Jeffreysbaai is uitgevoer deur Humansdorp Misdaad-intelligensie, die Jeffreysbaai misdaad voorkomingseenheid en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

“Die operasie het twee geïdentifiseerde plekke geteiken. In totaal is meer as 450 Mandrax-tablette en 50 g Tik van die strate verwyder, wat tot drie aktiewe kriminele dossiere vir dwelmbesit en -handel gelei het,” het die SAPD gesê.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*