Inligting uit gemeenskap lei to dagga-arrestasie
Polisie vang ouman ‘smokkel
MISDAADTONEEL: Griekwastad, Noord-Kaap: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ’n 70-jarige man gearresteer vir handel in dagga.

Die SAPD sê ’n intelligensiegedrewe operasie is Woensdag, 4 November 2026, in die gebied uitgevoer.
“Die lede was besig met roetine patrollies in Mathlomola toe hulle inligting ontvang het oor ’n man wat na bewering dagga vanuit sy informele woning verkoop. Die lede het die inligting opgevolg en die verdagte genader, wat aan hulle toestemming gegee het om die perseel te deursoek.
“Die polisie het verskeie plastieksakkies met dagga gevind.
“’n Onbekende bedrag kontant, wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is, is gekonfiskeer, tesame met dagga met ’n geskatte straatwaarde van R3 255.”
Die SAPD sê verder hy is daartoe verbind om die onwettige handel in dwelms te bekamp, en het gemeenskappe aangemoedig om voort te gaan om inligting oor kriminele aktiwiteite in hul onderskeie gebiede aan die polisie te verskaf.
Related News
Brothers killed in house robbery
CRIME SCENE: Trichardt, Mpumalanga: A family has tragically lost two sons while their father isRead More
Doringbaai poison suspect arrested
CRIME SCENE: Doringbaai, Western Cape: The police have arrested a 58-year-old man who allegedly triedRead More
