Polisie arresteer 11 op verskeie klagtes
Gatslag teen dwelms in Suid-Kaap
MISDAADTONEEL: Dysselsdorp, Suid-Kaap: Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het vandeesweek hard toegeslaan op vermeende onwettige dwelmhuise in Dysselsdorp buite Oudtshoorn.

Die SAPD se optrede het gelei tot die arrestasie van 11 verdagtes vir dwelmverwante oortredings en die konfiskering van dwelms met ‘n straatwaarde van R90 000.
Op Dinsdag 14 April 2026 het lede van die Dysselsdorp Misdaadvoorkoming-eenheid vyf persele deursoek nadat inligting ontvang is van onwettige aktiwiteite by wonings in Donkerhoek, Bernadus Gronde en Paradise View.
Die polisie het Mandrax en tik gekonfiskeer. Die verdagtes, tussen 21 en 56-jaar-oud, op aanklagte van besit van dwelms en dwelmhandel gearresteer.
Related News
Vrou vas oor 2 onwettige wapens
MISDAADTONEEL: Bishop Lavis, Kaapstad: ‘n Vrou is gearresteer nadat die polisie twee onwettige vuurwapens enRead More
Nóg ‘n polisie kaptein geskiet
MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Nog ‘n polisie kaptein in die Wes-Kaap is geskiet. Volgens sersant WesleyRead More
