Vyf vas na polisie toeslaan

Gatslag vir dwelmhandel

MISDAADTONEEL: Tuinroete, Suid-Kaap: Dwelmhandel langs die Tuinroete is ‘n gatslag toegedien toe die Suid Afrikaanse polisiediens (SAPD) vyf verdagtes vasgetrek en ‘n groot aantal dwelms gekonfiskeer het.

Die dwelms, wat in Ladismith en Kwanokuthula gevind is, het ‘n gekombineerde straatwaarde van sowat R142 000.

In die eerste voorval, gedurende die vroeë oggendure van Sondag 3 Mei 2026, het die polisie in Kwanokuthula gereageer op inligting oor ‘n verdagte voertuig wat langs die N2-snelweg ry. Die voertuig is in Wildermanstraat, Fase 03, afgetrek.

‘n Soektog is gedoen en 13,5-kilogram dagga met ‘n straatwaarde van sowat R104 000 is ontdek. Vier verdagtes tussen 26 en 47-jaar is gearresteer op aanklagte van dwelmhandel.

In die tweede voorval, Maandag, 4 Mei 2026 omstreeks 12nm, het die polisie in Ladismith ‘n klopjag by ‘n huis in Uilkraal uitgevoer en 90 Mandrax tablette en 110 sakkies Tik ontdek. ‘n 29-jarige man is gearresteer op ‘n aanklag van dwelmhandel.



(Next News) »



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*