Dronk bestuurders hou offisiere besig
Wetstoepassers slaan hard
Wetstoepassers van die Stad Kaapstad se hande was weer vol oor die afeglope week wat op 3 Mei 2026 geëindig het.

Gedurende dié week het die offisiere 374 arrestasies, waarvan meer as 50 vir bestuur onder die invloed van alkohol, gemaak.
Op Sondagaand 3 Mei 2026 in Bellville-Suid is sewe mense tydens ‘n onwettige straat wedren gearresteer, waaronder twee bestuurders wat besig was om te race.
Vyf vermeende dronk bestuurders is ook tydens die onwettige byeenkoms, wat sowat 500 mense gelok het, het die Stad in ‘n verklaring gesê.
“Ek wil die beamptes prys vir hul vinnige optrede om hierdie byeenkoms op te breek, maar die werklikheid is dat hierdie onwettige optrede algemeen is en ‘n bron van frustrasie en gevaar vir omliggende gemeenskappe en ander padgebruikers,” het die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, gesê.
In ander operasies het verkeersbeamptes 60 arrestasies gemaak – 52 vir bestuur onder die invloed van alkohol, vyf vir roekelose en nalatige bestuur en drie vir ander oortredings.
Die beamptes het ook 142 openbare vervoervoertuie in beslag geneem en 645 lasbriewe vir arrestasie uitgevoer.
Metropolisiebeamptes het 110 arrestasies gemaak en 5 367 boetes uitgereik.
Op Woensdag 29 April 2026 het ‘n CCTV-operateur ‘n verdagte gesien ‘n vuurwapen in ‘n rugsak plaas. Die metropolisie is ontbied stel en tydens die deursoeking het hulle ‘n nagemaakte vuurwapen gevind. Die 26-jarige-man is by die Grassy Park SAPS aangehou.
Op dieselfde dag het beamptes nog ‘n nagemaakte uurwapen, een rondte ammunisie en ‘n klein hoeveelheid Mandrax en kokaïen teruggevind nadat hulle gereageer het op berigte van skote wat in Vleiweg, Belgravia afgevuur is. ‘n 34-jarige man is in hegtenis geneem.
Die Anti-Kapingseenheid het intussen ten minste ses voertuie oor die langnaweek teruggevind. Twee gesteelde voertuie is gestroop gevind in ‘n informele nedersetting in Philippi; ‘n derde is langs Edinburgh Drive in Bishop’s Court teruggevind en drie ander in Khayelitsha en Mfuleni.
Wetstoepassingsbeamptes het 204 arrestasies gemaak en 8 685 boetes uitgereik tydens die week.
LEAP-beamptes het twee vuurwapens teruggevind. In Manenberg is ‘n 37-jarige man Woensdag 29 April 2026 gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en Saterdag 2 Mei 2026 het beamptes in Gugulethu ‘n 28-jarige gearresteer vir die besit van ‘n onwettifge vuurwapen en 14 rondtes ammunisie.
Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het gedurende die week 1 638 oproepe om hulp aangeteken – 86 was vir aanranding, 39 vir gesinsgeweld, 224 oor geraaas en 18 en klagtes oor drink en bakleiery in die openbaar, lui die verklaring.
Related News
Drug merchants bust
CRIME SCENE: Garden Route, Southern Cape: Five suspects are behind bars after a significant drugRead More
Gatslag vir dwelmhandel
MISDAADTONEEL: Tuinroete, Suid-Kaap: Dwelmhandel langs die Tuinroete is ‘n gatslag toegedien toe die Suid AfrikaanseRead More
