Metro polisie gee dwelmhandel 'n snotklap
K9 Virus snuffel miljoene se dwelms uit
MISDAADTONEEL: Bellville, Kaapstad: Die K9-eenheid van die Stad Kaapstad se Metropolisie het Donderdag 14 Mei 2026 dwelmhandel ‘n groot gatslag gegee.

Volgens die woordvoerder van Metropolisie, superintendent Ruth Solomons, was beamptes omstreeks 13:20 besig met patrollies by Parksig Villas-woonstelle, in Bellville toe K9 Virus se hanteerder die hond uitlaat om die parkeer area te snuffel toe hy langs ‘n voertuig stilhou.
Beamptes het deur die vensters van die luikrug kar gekyk en ‘n paar sakke binne opgemerk.
Solomons het gesê hulle het toestemming van die Provinsiale Narkotika-eenheid gevra om by die voertuig in te breek. Binne het hulle 51 sakke Mandrax-tablette, sewe los Mandrax-tablette, 300g kokaïen en 300g tik in die kattebak gevind.
“Die dwelms het ‘n geraamde straatwaarde van meer as R2,7-miljoen. Die dwelms is by die Bellville SAPD ingegee en die voertuig is na Stikland geneem vir verdere ondersoek deur die SAPD,” het sy gesê.
Related News
Stad, polisie ‘gereed’ vir 30 Junie
Die Stad Kaapstad vra sy inwoners om enige voorvalle, noodgevalle of verdagte en/of kriminele aktiwiteiteRead More
City, police ‘ready’ for 30 June
THE City of Cape Town has urged residents to report incidents, emergencies or any suspiciousRead More
