Ondersoek teen oud-kontrakteur duur voort
Polisie slaan toe by Stad, verskeie huise
KAAPSTAD: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se handelsmisdaad-ondersoek-eenheid het vanoggend, Donderdag 4 Junie 2026, toegeslaan op ‘n kantoor van die Stad Kaapstad en verskeie wonings.

Die deursoek- en beslaglegging-operasies vorm deel van ‘n ondersoek waarby ‘n voormalige kontrakteur van die Stad Kaapstad, Triple C Maintenance and Services, betrokke is.
“Met deursoek- en beslaglegging-bevele in die hand, het ondersoek beamptes operasies by verskeie wonings en ‘n kantoor van die Stad Kaapstad uitgevoer. Tydens die operasies is 21 selfone en nege skootrekenaars vir forensiese ondersoek ingevat, tesame met ander potensiële bewysstukke relevant tot die saak.
“Omdat die ondersoek steeds aktief is, sal die SAPD nie in hierdie stadium verder kommentaar lewer oor spesifieke aspekte van die saak nie. Geen arrestasies is tydens vandag se operasies gemaak nie. Verdere optrede sal afhang van die bewyse wat ingesamel is en uitslae van die voortgesette ondersoeke,” het die SAPD in ‘n verklaring gesê.
Related News
Cops raid COCT office, several residences
CAPE TOWN: The South African Police Service Commercial Crime Investigation Unit conducted further search andRead More
Polisie slaan in die nag toe
MISDAADTONEEL: Browns Farm, Kaapstad: Die polisie het vandeesweek week twee vermeende afpersers gearresteer en terselfdertydRead More
