Sowat 70-meter se koper kabel teruggevind
Kabeldief in sy spore gestuit
MISDAADTONEEL: Rondebosch, Kaapstad: ‘n Verdagte is in hegtenis geneem, na bewering met ongeveer 70-meter koperkabel.

Beamptes van die sekuriteitsmaatskappy, Compass Tactical, het op 7 Junie 2026 patrollies uitgevoer toe hulle ‘n verdagte man met rugsak opmerk, het die maatskappy op Facebook gesê.
Die beamptes het die man deursoek en vermoedelik gesteelde koperkabel in sy rugsak gevind, asook gereedskap wat algemeen met kabeldiefstal geassosieer word.
Ongeveer 5–7kg kabel is op die toneel teruggevind, insluitend lengtes van ongeveer 50- en 20-meter.
Die Rondebosch-polisie is na die toneel ontbied waar hulle die verdagte in aamhouding geneem het. – Bron Compass Tactical
Related News
Body found in drain
LANSDOWNE, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) registered an inquest following the discoveryRead More
Teens gunned down at spaza
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: Two teenagers, a boy and girl, have been gunnedRead More
