Drie mans by padblokkade gearresteer
Polisie kry wapens in bakkie
MISDAADTONEEL: Dieprivier, Kaapstad: Die polisie het Saterdag, 6 Junie 2026 drie mans in ‘n bakkie met onwettige vuurwapens betrap.

Die stasie se misdaad-voorkomingseenheid het ‘n padblokkade saam met die metropolisie op die hoek van Hoof- en Fairdale-weg uitgevoer. Omstreeks 21:20 het hulle ‘n Toyota Hilux met drie insittendes voorgekeer.
Tydens die deursoeking het die polisie twee 9mm-pistole sonder reeksnommers, ‘n replika vuurwapen en 22 rondtes ammunisie gevind. Die drie mans is gearrester.
Bishop Lavis: ‘n 25-jarige vrou is Vrydag, 5 Junie 2026 by haar huis in Bishop Lavis gearresteer vir dwelms. Lede van Operasie Lockdown 3 het opgetree op grond van inligting oor dwelms wat by ‘n huis in Endweg, Bishop Lavis, aangehou word. Hulle het die perseel deursoek, 75 Mandrax-tablette gevind en die vrou gearresteer.
Related News
Pro-active patrols lead to arrest
CRIME SCENE: Rondebosch, Cape Town: A suspect has been caught, allegedly with about 70 metresRead More
Police recover 3 illegal guns
CRIME SCENE: Diep River, Cape Town: Members of Diep River Crime Prevention Unit arrested threeRead More
