Gemeente tydens kerkdiens beroof
Onheilige rowers vas
MISDAADTONEEL: Samora Machel, Kaapstad: Die polisie het ‘n deurbraak gemaak in die Samora kerk-roof toe hulle Dinsdagoggend, 9 Junie 2026 vyf onheilige verdagtes gearresteer het.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se taktiese reaksiespan en provinsiale en Samora Machel-speurders het ná die rooftog op Sondag 7 Junie 2026 met ondersoek en opsporing operasies begin.
Gewapende verdagtes het die kerk bestorm terwyl die diens aan die gang was en gemeentelede van persoonlike besittings en kerktoerusting beroof.
Die verdagtes wat Dinsdagoggend gearresteer is, is tussen die ouderdomme van 27- en 39-jaar-oud.
Volgens die polisie is sommige van die gesteelde items ook teruggevind. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van sakeroof en die besit van gesteelde eiendom. Hulle moet op Donderdag, 11 Junie 2026 in die Athlone-landdroshof verskyn.
Related News
Five behind bars for church robbery
CRIME SCENE: Samora Machel, Cape Town: The police made a breakthrough in the Samora-church robberyRead More
Polisie kom vir dié wat agter geweld sit
JONGSTE! – Die Mosselbaai-polisie het twee verdagtes van 19- en 26-jaar-oud gearresteer vir die moordRead More
