Samora Machrl roof

 
 

Gemeente tydens kerkdiens beroof

Onheilige rowers vas

MISDAADTONEEL: Samora Machel, Kaapstad: Die polisie het ‘n deurbraak gemaak in die Samora kerk-roof toe hulle Dinsdagoggend, 9 Junie 2026 vyf onheilige verdagtes gearresteer het.

Een van die rowers maak sy verskyning. Inset: die vuurwapen wat hy by hom gehad het. Foto: Via Facebook

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se taktiese reaksiespan en provinsiale en Samora Machel-speurders het ná die rooftog op Sondag 7 Junie 2026 met  ondersoek en opsporing operasies begin.

Gewapende verdagtes het die kerk bestorm terwyl die diens aan die gang was en gemeentelede van persoonlike besittings en kerktoerusting beroof.

Die verdagtes wat Dinsdagoggend gearresteer is, is tussen die ouderdomme van 27- en 39-jaar-oud.

Volgens die polisie is sommige van die gesteelde items ook teruggevind. Die verdagtes staan ​​tereg op aanklagte van sakeroof en die besit van gesteelde eiendom. Hulle moet op Donderdag, 11 Junie 2026 in die Athlone-landdroshof verskyn.