19-jarige verdagte agter tralies
Tiener sterf mesdood ná argument
MISDAADTONEEL: Cafda, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n 19-jarige verdagte gearresteer in verband met die mesdood van ‘n tienerseun naby ‘n ouetehuis.

Volgens sersant Wesley Twigg, ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het die voorval omstreeks 12:40 op Woensdag, 10 Junie 2026 in Gordon Searle-straat, Cafda, plaasgevind.
Twigg sê toe die Steenberg-polisie by die toneel aankom het hulle die 15-jarige slagoffer met ‘n steekwond aan sy bors aangetref.
“Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Volgens berigte het die slagoffer met sy fiets teen die verdagte vasgery en ‘n argument het uitgebreek. Die verdagte het na bewering ‘n mes uitgehaal en die slagoffer gesteek.
“Die verdagte sal in die Wynberg-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is,” het Twigg gesê.
Related News
Zimbabwean nabbed in drug bust
CRIME SCENE: Parow, Cape Town: Police have made a double swoop against suspected drug dealersRead More
Call to help identify shooter
CRIME SCENE: Bonteheuwel, Cape Town: The local ward councillor has called on the community toRead More
