Pistool in Bishop Lavis gevind
Dagga, koper in Lockdown
MISDAADTONEEL: Ocean View, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n klomp koper en dagga by ‘n perseel in Ocean View gekonfiskeer.

Volgens die polisie het lede van Operasie Lockdown 3 Dinsdagaand, 10 Junie 2026, ‘n intelligensie-gedrewe operasie by ‘n perseel in Riverside-weg, Ocean View, uitgevoer op soek na dwelms.
Tydens die deursoeking het hulle 36kg koper en ‘n groot pak dagga en 38 klein pakkies dagga gevind.
‘n 54-jarige man is gearresteer vir die besit van dagga en vermoedelike gesteelde eiendom en moet Vrydag, 12 Junie 2026, in die Simonstad-landdroshof verskyn.
Bishop Lavis: In ‘n onverwante saak het lede van die anti-bende-eenheid wat in Bishop Lavis ontplooi is, voetpatrollies in die 7de Laan plakkerskamp uitgevoer toe hulle ‘n groen plastieksak in ‘n elektriese boks vind. Nadat die lede die plastieksak deursoek het, het hulle ‘n 9mm-pistool met 15 rondtes ammunisie gevind. ‘n Ondersoek na die oorsprong van die vuurwapen is van stapel gestuur.
Related News
Help polisie man vind
Die Woodstock-polisie soek die hulp van die publiek om Ebrahim Farland (in foto uitgebeeld), wieRead More
Help police find this man
THE Woodstock police are seeking the assistance of the public to trace Ebrahim Farland, depictedRead More
