CCTV kameras tydens betoging beskadig

Dié man kan Stad dalk help

Die Stad Kaapstad soek die hulp van die publiek om die man in die foto te identifiseer

Volgens die Stad kan die man moontlik inligting verskaf rakende skade aan CCTV-infrastruktuur wat tydens ‘n betoging in Ocean View plaasgevind het.

Kommetjie-weg, tussen Masiphumelele en Ocean View, was Donderdagaand, 11 Junie 2026 gesluit nadat betogers bande begin brand en die pad met kratte en klippe versper het.

Daar is berig dat die betoging begin is nadat onwettige informele strukture langs Ocean View afgebreek is.

‘n Video is Vrydag, 12 Junie 2026 op sosiale media versprei wat wys hoe iemand teen ‘n paal opklim en die CCTV-kameras stukkend slaan. Die insetsel op die foto is ‘n kom uit die video.

Enigiemand met inligting word versoek om 021-480 7700 te skakel.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*