Friday, June 12th, 2026
Skietery by Nyanga-busterminus
Moord verdagte by hof gearresteer
MISDAADTONEEL: Nyanga, Kaapstad: ‘n Man is gearresteer op ‘n aanklag van moord en poging tot moord kort nadat hy in ‘n ander saak in die hof verskyn het.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Provinsiale Ernstige Geweldsmisdaad Taxi-eenheid het die man Vrydag 12 Junie 2026 by die Athlone-landdroshof gearrester kort nadat hy in ‘n ander saak verskyn het.
Hy is deur getuies geïdentifiseer by ‘n skietvoorval op 12 November 2025 waar twee vroue doodgeskiet en verskeie ander gewond is by die Nyanga-busterminus.
Die verdagte het sy eerste hofverskyning op Vrydag, 12 Junie 2026 in die Athlone-landdroshof gemaak, waar die saak tot 19 Junie 2026 uitgestel is vir ‘n formele borgtogaansoek.
Shooting at Nyanga bus terminus
Murder suspect arrested at court
CRIME SCENE: Nyanga, Cape Town: A man has been arrested on a charge murder and attempted murder soon after he appeared in court in another case.

According to the police members of the South African Police Service (SAPS) Provincial Serious Violent Crime’s Taxi Unit, arrested the man on Friday, 12 June 2026 after he appeared on a separate case at the Athlone Magistrate’s court.
His arrest came after he was identified by witnesses at a shooting incident which occurred at the Nyanga bus terminus on 12 November 2025, where two women were shot and killed and several others wounded.
The suspect made his first court appearance in the Athlone Magistrates on Friday 12 June 2026, where the case was postponed until 19 June 2026, for a formal bail application.
Sein-jammers in voertuig gevind
Twee vermeende kar diewe vasgetrek
MISDAADTONEEL: Bellville, Kaapstad: Twee vermeende voertuig jammers is deur die Maitland-blitspatrollie gevang.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het blitspatgrollie-lede Donderdag, 11 Junie 2026 inligting ontvang oor ‘n voertuig met twee insittendes wat verdag in parkeerareas en buite winkelsentrums in Bellville rondry.
Die blitspatrollie het reageer en die verdagtes se voertuig in Maree-straat, Oakdale, voorgekeer en deursoek.
Die polisie het twee elektroniese sein-jammers en gereedskap wat gebruik kan word om motors mee in te breek, binne die verdagtes se voertuig gevind.
Die mans, onderskeidelik 32 en 48-jaar-oud, is gearresteer en hul voertuig is aan ‘n motor huur maatskappy terugbesorg.
CCTV kameras tydens betoging beskadig
Dié man kan Stad dalk help
Die Stad Kaapstad soek die hulp van die publiek om die man in die foto te identifiseer

Volgens die Stad kan die man moontlik inligting verskaf rakende skade aan CCTV-infrastruktuur wat tydens ‘n betoging in Ocean View plaasgevind het.
Kommetjie-weg, tussen Masiphumelele en Ocean View, was Donderdagaand, 11 Junie 2026 gesluit nadat betogers bande begin brand en die pad met kratte en klippe versper het.
Daar is berig dat die betoging begin is nadat onwettige informele strukture langs Ocean View afgebreek is.
‘n Video is Vrydag, 12 Junie 2026 op sosiale media versprei wat wys hoe iemand teen ‘n paal opklim en die CCTV-kameras stukkend slaan. Die insetsel op die foto is ‘n kom uit die video.
Enigiemand met inligting word versoek om 021-480 7700 te skakel.
CCTV cameras damaged during protest
Do you know this man?
The City of Cape Town is seeking the help of the public to identify the man in this picture, who may be able to provide information regarding damage to CCTV infrastructure that occurred during protest action in Ocean View.

Kommetjie Road, between Masiphumelele and Ocean View, was closed on Thursday evening, 11 June 2026, after protesters started burning tyres and littering the road with crates and rocks.
It was reported that the protest action followed the demolition of illegally built structures next to Ocean View.
A video was circulated on social media on Friday, 12 June 2026 showing someone climbing a pole and smashing the CCTV cameras. The inset of the picture is a still taken from the video.
Anyone with information is asked to call 021-480 7700.

