Tik, Mandrax by B&B gevind
Man, vrou vas oor R3m se dwelms
MISDAADTONEEL: Kuilsrivier, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het dwelms ter waarde van ongeveer R3-miljoen gekonfiskeer en twee verdagtes by ‘n bed-en-ontbyt besigheid hier gearresteer.

Die SAPD het inligting ontvang oor dwelms by die besigheid in die Langverwacht-gebied. Die Anti-Ekonomiese Misdaad-taakspan het Maandag 15 Junie 2026 omstreeks 04:30 by die perseel opgedaag.
Volgens die polisie het hulle ‘n man wat by die beskrywing van die verdagte pas en ‘n vrou by die perseel gevind.
“Die polisie lede het ‘n groot swart sak op die agtersitplek van ‘n voertuig opgemerk. Binne het die hulle ‘n groot hoeveelheid Mandrax-tablette ontdek. Verdere inspeksie het bykomende sakke met nog Mandrax en Crystal Meth (Tik) opgelewer. In totaal is 51 sakke Mandrax en vyf kilogram Tik gekonfiskeer, sowel as R17 000 kontant.”
Die 29-jarige vrou en 35-jarige man sal Woensdag 17 Junie 2026 in die Kuilsrivier-landdroshof op aanklagte van besit en handel in dwelms verskyn.
Related News
Vrou spoorloos ná sy inboek
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Wes-Kaapse Buro vir Vermiste Persone het hierdie foto vrygestel vanRead More
Help find missing woman
THE South African Police Service (SAPS) Western Cape Missing Persons Bureau has released this pictureRead More
