Een dood, 6 beseer toe skieters losbrand
Bloedbad in Manenberg
MISDAADTONEEL: Manenberg, Kaapstad: Manenberg het vroeër vanaand, 17 Junie 2026 soos ‘n bloedbad gelyk toe gewapende mans op ‘n groep mense in Rio Grande Walk geskiet het.

Een persoon is dood en ses ander beseer, waaronder ‘n polisiebeampte.
Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse Polisie, kaptein FC van Wyk, het ‘n silwer-grys motor in Rio Grande Walk afgery naby ‘n groep mense stilgehou. Die insittendes het uitgeklim en wild op die mense, wat voor ‘n perseel gestaan het, begin skiet.
“Polisiebeamptes wat naby patroller het, het op die skietery gereageer en toe hulle op die toneel aankom het die verdagtes verskeie skote op hulle afgevuur. ‘n 42-jarige SAPD-beampte is deur skrapnel in sy kop gewond. Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie gearresteer nie.
“Die oorledene is ‘n 22-jarige man, terwyl vier mans van 24, 35, 36 en 48-jaar-oud, en ‘n 56-jarige vrou beseer is. Hulle is per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling. Manenberg-polisie het ‘n moordsaak en ses aanklagte van poging tot moord geregistreer,” het Van Wyk gesê.
Benewens die ondersoek is operasionele magte in die gebied ontplooi om die situasie te stabiliseer en om verhoogde polisie-sigbaarheid binne die gemeenskap te verseker, het hy gesê.
Mense met inligting word versoek om Manenberg SAPD te kontak by 021 699 9400 of Crime Stop by 08600 10111 of inligting anoniem via die MySAPS-App te verskaf.
Related News
One dead, 6 injured in shooting
CRIME SCENE: Manenberg, Cape Town: Gunmen have left a trail of blood behind when theyRead More
Lyk in Durbanville gevind
MISDAADTONEEL: Durbanville, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n beroep op die publiek gedoen omRead More
