Twee mans gearresteer
Polisie kry groot aantal dwelms
MISDAADTONEEL: Brackenfell, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n groot hoeveelheid ecstasy- en mandrax-tablette in twee afsonderlike voorvalle gekonfiskeer.

Op Maandag 15 Junie 2026 het Delft SAPD-lede verbonde aan Operasie Prosper ‘n 39-jarige man gearresteer vir die besit van ecstasy-tablette by ‘n perseel in Forestdale Villas, Brackenfell. ‘n Totaal van 786 ecstasy-tablette en 29 wit ecstasy-tablette is gekonfiskeer.
Bellville: In ‘n onverwante saak is inligting ontvang van dwelms wat by ‘n perseel in Parksig Villas, Bellville, verkoop word. Op Maandag 15 Junie 2026 om 17:00 is ‘n 29-jarige man by Parksig Villas gearresteer vir die besit van en handel in dwelms nadat hy in besit gevind is van 13 sakkies Tik, 30 Mandrax-tablette en R1230 kontant, vermoedelik die opbrengs van misdaad.
Related News
Mandrax, ecstacy taken off streets
CRIME SCENE: Brackenfell, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) have confisForcated a largeRead More
Polisie slaan weer toe in Bellvile
JONGSTE! Vandag, Dinsdag, 16 Junie 2026, se operasie in Bellville het gelei tot die beslagleggingRead More
