Operasie Prosper
Operasie lewer 1200 arrestasies in Mei
Prosper se druk gaan versterk
NASIONAAL: Operasie Prosper het gedurende Mei meer as 1200 mense agter tralies gesit vir ernstige misdrywe.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) sê egter dit is ver van genoeg en hulle gaan voort om georganiseerde kriminele netwerke wat betrokke is by onwettige mynbou, bende verwante geweld en ander ernstige en gewelddadige misdade te beveg.
Gedurende Mei 2026 het gekoördineerde multi-dissiplinêre operasies in vyf provinsies gelei tot die arrestasie van 1 287 verdagtes.
Die verdagtes is gearresteer vir misdade wat insluit onwettige mynbou oortredings, moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, oortreding van die Immigrasiewet en verskeie ander ernstige oortredings.
Operasie Prosper bestaan uit personeel van verskeie wetstoepassings- en sekuriteitsagentskappe wat ontplooi is in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, en Noordwes.
Operasionele aktiwiteite sluit in patrollies met hoë sigbaarheid, voertuig kontrolepunte, padversperrings, stop-en-deursoek-operasies en intelligensie-gedrewe aksies.
Arrestasies vir Mei sluit in:
▪ Agt verdagtes vir moord
▪ 384 verdagtes vir dwelmverwante oortredings
▪ Vier verdagtes vir aanranding ernstig
▪ Nege verdagtes vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie
▪ Ses vir die onwettige besit van ammunisie
▪ Vier verdagtes vir die onwettige besit van materiaal wat goud bevat
▪ 363 vir die oortreding van die Immigrasiewet
▪ Sewe verdagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom
▪ 502 mense vir oortredings wat insluit roof, besit van gevaarlike wapens, kwaadwillige saakbeskadiging, oortreding van die Wet op tweedehandse goedere, oortreding van die Padverkeerswet, bedrog en drank verwante oortredings
Items wat terug gevind is sluit in:
▪ 31 onwettige en ongelisensieerde vuurwapens en 11 replika-vuurwapens
▪ 1 703 rondtes ammunisie en 7 magasyne
▪ 13 740 liter onwettige alkohol
▪ Een gesteelde voertuig
▪ Verskeie hoeveelhede dwelms, insluitend dagga, Mandrax, Heroïen en CAT
Operasie Prosper vorm deel van die nasionale misdaadbestryding-inisiatief wat deur president Cyril Ramaphosa tydens sy 2026 Staatsrede aangekondig is.
Die SAPD en SANDF sê hulle bly daartoe verbind om saam met ander wetstoepassing-agentskappe en die regering te werk om te verseker dat kriminele netwerke ontwrig, oortreders aanspreeklik gehou en gemeenskappe beveilig word.
“Operasie Prosper sal in sy volgende fase voortgaan om druk op misdadigers toe te pas.” – Bron SAPD
Smokkelhuise loop ook deur polisie klopjagte
Vrou vas oor vals siek sertifikate
MISDAADTONEEL: Gugulethu, Kaapstad: Die polisie het ‘n 40-jarige vrou gearresteer nadat sy na bewering mediese siek sertifikate aan die publiek verkoop het.

Kaptein FC van Wyk, ‘n mediaskakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê lede verbonde aan die Gugulethu-misdaadvoorkomingseenheid het die vrou, wat in NY77 woon, Dinsdag 26 Mei 2026 gearresteer op aanklagte van vervalsing van sertifikate en die verspreiding daarvan.
“Die voorlopige ondersoek sal die omvang van die aktiwiteite bepaal en of die verdagte in diens van of verbonde was aan ‘n mediese praktisyn of gesondheidsorg-instelling,” het Van Wyk gesê.
In ‘n ander voorval in Gugulethu, op Woensdag 27 Mei 2026, het die Gugulethu-polisie, in ‘n gesamentlike operasie met ander wetstoepassers en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, as deel van Operasie Prosper, ‘n misdaadvoorkomingsoperasie uitgevoer. Die doel van die operasie was om onwettige handel in drank en verwante kriminele aktiwiteite in die gebied aan te spreek.
“Twee onwettige sjebiens is deursoek, wat gelei het tot die beslaglegging van ongeveer 426 liter drank met ‘n geraamde straatwaarde van R80 000,” het Van Wyk gesê.
Die Wes-Kaapse Provinsiale polisiebestuur het al die betrokkenes geprys vir hul samewerking en toewyding tot die vermindering van misdaad in Gugulethu, het hy gesê.
Bonteheuwel: Dieselfde dag, sowat 13:45 het lede van Operasie Prosper ‘n 41-jarige man gearresteer vir beweerde dwelmhandel by ‘n perseel in Bramble Way.
Die arrestasie is gemaak tydens stop-en-deursoek-operasies in die gebied. Die lede het 45 klein Tik-sakkies, 24 groot sakke Tik, 25 Mandrax-tablette en 22 halwe Mandrax-tablette, sowel as kontant, gevind en gekonfiskeer.
Nagemaakte alkohol sou vermoedelik uitgevoer word
Sjinees vas oor miljoene se drank
MISDAADTONEEL: Eersterivier, Kaapstad: ‘n Sjinese eienaar van ‘n drankwinkel is gearresteer nadat die polisie vermoedelik nagemaakte drank ter waarde van miljoene rande in die winkel gevind het.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in ‘n verklaring gesê ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie se eenheid vir vervalste goedere, die Drankowerheid, die SA Inkomste-diens en SA Nasionale Weermag (SANW) in Eersterivier het gelei tot die ontdekking van die drankwinkel. Daar was na bewering planne om die nagemaakte drank uit te voer.
“Op Dinsdag 26 Mei omstreeks 10:00 het lede van Operasie Prosper die winkel, wat aan ‘n Sjinese burger behoort, deursoek. Teen die einde van hul inspeksie het hulle 6 201 liter van verskeie drankprodukte met ‘n geraamde waarde van R3,5 miljoen gekonfiskeer.
“Die verdagte is in hegtenis geneem en is by die Kleinvlei-polisiestasie aangehou.”
Paar suksesse, maar bloed vloei steeds
Operasie prosper keer nie koeëls
MISDAADTONEEL: Kaapse Vlakte: Die weermag is op die grond, maar die koeëls hou aan vlieg en die bloed vloei steeds.

Sedert die weermag net meer as ‘n maand gelede getref die Kaapse Vlakte betree het, het Operasie Prosper ‘n mate van sukses behaal, maar dit het veel beteken die talle onskuldiges wat aanhou sterf het in bendegeteisterde gebiede nie.
Operasie Prosper, die gesamentlike ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Stad Kaapstad se metropolisie, verkeerspolisie en wetstoepassers om bendegeweld, afpersing en misdaad in die Wes-Kaap te bestry, het op 1 April 2026 in Mitchells Plain begin.
Van 1 tot 28 April 2026 is altesaam 23 vuurwapens, een handgranaat en 146 rondtes ammunisie gekonfiskeer. Die magte het ook dwelms ter waarde van meer as R4 miljoen en drank ter waarde van R262 426 gekonfiskeer, terwyl hulle 191 dwelmverwante arrestasies en 31 onwettige drankhandel gemaak het.
Maar die operasie het ‘n bietjie verder gegaan as net die bekamping van bendegeweld, aangesien 29 onwettige immigrante gearresteer is en perlemoen en kreef ter waarde van meer as R45 000 gekonfiskeer is.
Die ontplooiing word vir ‘n jaar beplan en sluit in patrollies, padblokkades, stop-en-deursoek-operasies, voertuigbeheerpunte, inspeksies van drank persele en kontroles vir ongedokumenteerde immigrante.
●Die inligting en foto’s in hierdie verslag is verskaf deur Kaptein Walter Kassaka, die operasionele kommunikasiebeampte by die Gesamentlike Taktiese Hoofkwartier, Wes-Kaap.
Man vas oor 46000 Mandrax pille
Polisie maak groot dwelm vonds
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘N GATSLAG teen die verspreiding van dwelms in die Wes-Kaap.

Só beskryf die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) sy jongste sukses in die geveg teen dwelmhandel in die provinsie.
Lede van Operasie Prosper was Maandag 20 April 2026 besig met stop-en-deursoek-operasies in N2 Gateway, Delft toe hulle ‘n silwer Honda Civic-voertuig en sy insittende deursoek het.
In die voertuig het hulle tien mandrax-tablette en ‘n onbekende bedrag kontant gevind, vermoedelik die opbrengs van misdaad. Verdere ondersoek het hulle na ‘n bergingsfasiliteit in Stikland, Bellville, gelei.
Hier het die lede 46 pakke, met 1000 mandrax-tablette elk, gevind. Die totale straatwaarde van die dwelms word geraam op R2,76-miljoen. ‘n 45-jarige man is gearresteer op ‘n aanklag van handel in dwelms en sal na verwagting in die Bellville-landdroshof verskyn.
