Polisie ondersoek moordsaak
Man in sy kar geskiet
MISDAADTONEEL: Ravensmead, Kaapstad: Man is Vrydagoggend, 26 Junie 2026 in sy voertuig in 35ste Laan doodgeskiet.

Sersant Wesley Twigg, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het gesê die Ravensmead-polisie het ‘n moordsaak geregistreer na die skietvoorval omstreeks 06:30, wat die lewe van ‘n 38-jarige man geëis het.
“Polisielede het die slagoffer met skietwonde aan sy liggaam gevind het. Die slagoffer is deur lede van die publiek in sy voertuig gevind en is op die toneel deur mediese personeel as dood verklaar.
“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Twigg gesê.
Related News
Three in court for mass shooting
NATIONAL: An intensive investigation by the Provincial Anti-Gang Unit (AGU) has led to the arrestRead More
Man shot inside his car
CRIME SCENE: Ravensmead, Cape Town: Man was shot and killed inside his car in 35thRead More
