Polisie vind slagoffer vol bloed en petrol
Man in kattebak ontvoer
NASIONAAL: ‘n Open-en-wakker gemeenskapslid het waarskynlik ‘n ontvoer-slagoffer se lewe gered toe die polisie hom erg beseer in ‘n kar se kattebak gevind het.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Sondag, 28 Junie 2026, omstreeks 08:00 ‘n klag van ‘n bakleiery in Bronville, Welkom, ontvang.
Met hul aankoms op die toneel is die polisie deur die gemeenskapslid in kennis gestel dat daar ‘n persoon in die kattebak van ‘n silwer BMW was. Die polisie het die voertuig, met drie mans binne, onmiddellik onderskep en deursoek.
Hulle het toe op die bloedbedekte man afgekom. Die slagoffer was ernstig beseer en hy het sterk na petrol geruik. Hy is na die hospitaal vervoer vir behandeling.
Die polisie het ook bloed op die verdagtes se hande en tekkies opgemerk.
Volgens inligting het die verdagtes die slagoffer na bewering by sy huis aangerand en hom daarvan beskuldig dat hy hul motoronderdele gesteel het. Hulle het na bewering petrol op hom gegooi en met geweld in die kattebak van hul voertuig geplaas voordat hulle weggery het.
Die polisie het twee pare bloedbevlekte tekkies en die voertuig wat na bewering in die pleging van die misdaad gebruik is, gekonfiskeer.
Drie verdagtes, onderskeidelik 25, 27 en 40-jaar-oud, is gearresteer vir poging tot moord en ontvoering.
Related News
Lyk in straat gevind
MISDAADTONEEL: Kuilsrivier, Kaapstad: ‘n Man is in Kalkfontein, Kuilsrivier, doodgeskiet. Volgens ‘n skakelbeampte vir dieRead More
Police discover man dead in street
CRIME SCENE: Kuilsriver, Cape Town: A man has been shot and killed in Kalkfontein, Kuilsriver.Read More
