Man met veelvuldige beserings dood gekry
Polisie maak gru-vonds
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n gru-ontdekking gemaak toe hulle ‘n man met veelvuldige beserings in Delft-Suid gevind het.

Die polisie is Woensdagoggend, 1 Julie 2026 na Quince-straat ontbied waar hulle op die slagoffer afgekom het.
‘n Skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, het gesê die Delft-polisie het sedertdien ‘n moordsaak vir ondersoek geregistreer.
“Die slagoffer het veelvuldige beserings aan sy liggaam gehad en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Twigg gesê.
Mense met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.
Related News
Seun (16) vas oor seks netwerke
MISDAADTONEEL: Malmesbury, Wes-Kaap: ‘n 16-jarige seun is gearresteer omdat hy an bewering verbind word aanRead More
Gunman dies after day-long shootout
CRIME SCENE: Robertson, Western Cape: A day long stand-off between police in and a gunmanRead More
