Polisie loods operasies om skuldiges op te spoor

Man doodgeskiet, tiener gewond

MISDAADTONEEL: Steenberg, Kaapstad: Dit het gisteraand, Vrydag 3 Julie 2026, skote gereën in Steenberg en Retreat, wat gelei het tot die dood van ten minste een man en ‘n tiener wat gewond is.

Die foto is geskep met behulp van AI en word slegs vir illustrasie doeleindes gebruik.

Sersant Wesley, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse SAPD, het gesê die Steenberg-polisie het moord- en poging tot moordsake vir ondersoek geregistreer na ‘n skietvoorval omstreeks 22:30 in Beethoven-straat, Retreat.

“’n 34-jarige man en ‘n 15-jarige seun is geskiet. Polisielede het die misdaadtoneel besoek waar hulle die slagoffers met skietwonde aan hul liggame gevind het. Die 34-jarige man is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar, terwyl die seun na ‘n mediese fasiliteit vervoer is vir behandeling.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Twigg gesê.

Hy het bygevoeg die SAPD volg inligting op en voer operasies uit in ‘n poging om diegene wat verantwoordelik is vir die skietery aan die pen te laat ry.

Mense met inligting oor die voorval word vriendelik versoek om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111 of die mobiele MySAPS-App anoniem te gebruik.

Vroeër dieselfde aand, omstreeks 19:00, was daar ook skietery in Sullivan-straat Steenberg. Dit is op hierdie stadium onbekend of daar beserings in hierdie voorval was.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*