Stad-polisie kry ook 3 vuurwapens terug
Dronkie vas vir gesteelde trokkie
Die Stad Kaapstad se wetstoepassers het verlede week ten minste drie onwettige vuurwapens en sewe gekaapte of gesteelde voertuie teruggekry.

Die Stad het gesê in een voorval het Metro-polisiebeamptes wat Sondagmiddag 5 Julie 2026 patrollie in Delft gedoen het, die bestuurder van ‘n Kia afleweringsvoertuig opgemerk wat sukkel om in sy baan te bly. Toe hulle hom aftrek, was sy oë bloedbelope en hy het sterk na alkohol geruik.
‘n Ondersoek het toe uitgewys die voertuig was as gesteel in Table View aangemeld. Die bestuurder en passasier is by die Delft SAPD aangehou op aanklagte van besit van ‘n gesteelde motorvoertuig en bestuur onder die invloed van alkohol.
Metropolisiebeamptes het verder 116 arrestasies gemaak, insluitend 30 vir bestuur onder die invloed, en 3 634 boetes uitgereik.
Van die sewe voertuie wat hulle teruggekry het, het vier van die voorvalle vroeg Sondagoggend in Khayelitsha, Delft, Wallacedene en Dunoon plaasgevind.
Die onwettige vuurwapens is in Hanover Park, Manenberg en Khayelitsha teruggekry.
In algemene wetstoepassingspogings oor die afgelope week is 311 verdagtes gearresteer en 52 858 boetes uitgereik.
Op die paaie het verkeersbeamptes 40 verdagtes gearresteer – 36 vir dronkbestuur, twee vir roekelose en nalatige bestuur en twee op verskeie aanklagte. Hulle het 922 lasbriewe uitgevoer, 142 openbare vervoervoertuie op beslag gelê en 43 256 boetes uitgereik.
Related News
City cops recover illegal arms
THE City of Cape Town’s law enforcement agencies recovered at least three illegal firearms andRead More
Sakke dwelms by lughawe gevind
MISDAADTONEEL: Kaapstad Internasionale Lughawe: ‘n Man is hier gearresteer nadat hy na bewering probeer hetRead More
