Omstanders sien dooie met wond aan kop
Man in gang vermoor
MISDAADTONEEL: Kalksteenfontein, Kaapstad: ‘n Man se lewe is Woensdagoggend, 8 Julie 2026, met ‘n enkele skoot weggevat.

Volgens Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het Bishop Lavis SAPD (Suid-Afrikaanse Polisiediens) ‘n moordsaak geregistreer na die skietvoorval wat omstreeks 04:20 in die Buttercup Close-gang plaasgevind het.
“Volgens omstanders het hulle ‘n skoot hoor afgaan en kort daarna die slagoffer in die gang gesien met ‘n koeëlwond aan sy kop. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
“Die motief vir die skietery is tans onbekend. Speurders ondersoek die omstandighede rondom hierdie voorval en geen arrestasie is nog gemaak nie,” het Mpendukana gesê.
Related News
Man nabbed for homemade rifle
CRIME SCENE: Kalkfontein, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) have arrested a manRead More
Verdagtes vas oor vuurwapens
WES-KAAP: Die polisie het hul stryd teen onwettige vuurwapens verskerp, met verskeie suksesvolle operasies dieRead More
