Bishop Lavis polisie

 
 

Omstanders sien dooie met wond aan kop

Man in gang vermoor

MISDAADTONEEL: Kalksteenfontein, Kaapstad: ‘n Man se lewe is Woensdagoggend, 8 Julie 2026, met ‘n enkele skoot weggevat.

Volgens Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het Bishop Lavis SAPD (Suid-Afrikaanse Polisiediens) ‘n moordsaak geregistreer na die skietvoorval wat omstreeks 04:20 in die Buttercup Close-gang plaasgevind het.

“Volgens omstanders het hulle ‘n skoot hoor afgaan en kort daarna die slagoffer in die gang gesien met ‘n koeëlwond aan sy kop. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“Die motief vir die skietery is tans onbekend. Speurders ondersoek die omstandighede rondom hierdie voorval en geen arrestasie is nog gemaak nie,” het Mpendukana gesê.


Valhala Park-skieters steeds soek

Twee in slaapkamer vermoor

MISDAADTONEEL: Valhalla Park, Kaapstad: Twee jong mans is in ‘n slaapkamer doodgeskiet.

Volgens ‘n polisie media skakelbeampte vir die Wes-Kaap, konstabel Ndakhe Gwala, het die Bishop Lavis-polisie twee aanklagte van moord geregistreer na ‘n skietvoorval in Hilderstraat, Valhala Park op Woensdag 3 Junie 2026.

“Die polisie het omstreeks 20:40 ‘n klag van ‘n skietery ontvang en met hul aankoms het hulle die liggame van twee mans van 22 en 24-jaar-oud in ‘n slaapkamer aangetref.

“Hulle het veelvuldige skietwonde opgedoen en is op die dood verklaar. Die motief vir die aanval word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Gwala gesê.