4000 wapens in operasies gekonfiskeer
12000 vuurwapens vernietig
NASIONAAL: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdag 9 Julie 2026 byna 12 000 vuurwapens en onderdele vernietig.

9 Julie is ook die Internasionale Dag vir die Vernietiging van Klein- en Ligte Wapens soos deur die Verenigde Nasies verklaar.
Volgens die SAPD is 11 859 vuurwapens vernietig tydens ‘n proses wat vandag in Gauteng plaasgevind het, waarvan 9 596 handwapens, 1 102 gewere en 798 haelgewere was.
Die SAPD het gesê 33% van die vuurwapens en vuurwapenonderdele wat vernietig is, is tydens polise-operasies regoor die land gekonfiskeer. Vrywillige inhandigings maak 61% uit, amnestie-vuurwapens 4,54% en geweld teen vroue en kinders 1,22%.
Die SAPD het die afgelope sewe jaar 317 811 vuurwapens vernietig.
Vandag is die eerste vuurwapen-vernietigingsproses vir die 2026/2027-boekjaar.
Related News
Man nabbed for homemade rifle
CRIME SCENE: Kalkfontein, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) have arrested a manRead More
Verdagtes vas oor vuurwapens
WES-KAAP: Die polisie het hul stryd teen onwettige vuurwapens verskerp, met verskeie suksesvolle operasies dieRead More
