Dwelms in kar gekry, man (60) vas

Mandrax van R2,1-m op N2 gevind

MISDAADTONEEL: Grabouw: Die polisie het Donderdag 9 Julie 2026 ‘n 60-jarige man gearresteer en Mandrax ter waarde van R2,1 miljoen op die N2-snelweg gekonfiskeer.

‘n Multidissiplinêre span, bestaande uit die Valke se Suid-Afrikaanse Narkotika Buro (SANAB), provinsiale verkeer van Caledon en die Kaapstad-polisie se K9-eenheid, het op inligting gereageer en ‘n roetine-voertuigkontrolepunt op die N2 in Grabouw opgesit.

Volgens ‘n Valke-woordvoerder, luitenant-kolonel Siyabulela Vukubi, is ‘n silwer Audi voorgekeer en die K9-narkotiese hond het positief gereageer toe hy begin suffel.

“Die voertuig is deusoek en Mandrax ter waarde van R2,1 miljoen is in ‘n versteekte kompartement gevind. ‘n 60-jarige manlike verdagte is gearresteer en verskyn Maandag 13 Julie 2026 in die Grabouw-landdroshof,” het Vukubi gesê.



« (Previous News)
(Next News) »



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*