Drama ontvou toe verdagtes op wagte skiet
Transito rower agter tralies
MISDAADTONEEL: Gugulethu, Kaapstad: ‘n Verdagte transito rower is vier dae ná ‘n mislukte roof gearresteer.

‘n Intelligensie-gedrewe operasie deur die Valke, lede van die POCC en die K9-eenheid het gelei tot die arrestasie van die 39-jarige verdagte op Donderdag 9 Julie 2026 op aanklagte van gewapende roof.
‘n Woordvoerder vir die Valke, luitenant-kolonel Siyabulela Vukub, sê ‘n IZI Cash-pantservoertuig het op 5 Junie 2026 in Gugulethu gery nadat personeel kontant in die OTM’e by die Gugulethu-winkelsentrum gelaai het.
“’n Silwer Mercedes-Benz het in die pantservoertuig vasgejaag waarna verdagtes daarop begin skiet het. ‘n Wit Ford Bantam-bakkie het by hulle aangesluit en die insittendes ook met vuurwapens losgebrand.
“Die wagte in die pantservoertuig, wat vol koeëlgate was, het terug geskiet en in die proses daarin geslaag om na ‘n veilige plek te ry. Niemand is beseer nie en geen kontant is gesteel nie.
“Die rowers het albei voertuie agtergelaat. Verdere ondersoeke het gelei tot die arrestasie van die verdagte nadat ‘n lasbrief vir arrestasie uitgereik is,” het Vukub gesê.
Die verdagte verskyn, Maandag, 13 Julie 2026 in die Athlone-landdroshof.
Related News
Flying Squad ground hijackers
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: The Flying Squad have arrested two alleged hijackers andRead More
Agt sterf in 3 skiet-voorvalle
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Twee mense is Maandagoggend 24 Augustus 2026 in Klipfonteinweg, Silvertown, doodgeskiet. DieRead More
